Soek-Soek Inkleurboek: Plaas

  • Sale
  • Regular price R 80.00


Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite.  Die kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur inkleur. 

Die bladsye vol soek-en-kry-inkleurprente is propvol avonture op die plaas.  Van varkies wat snork, tot snaakse voëlverskrikkers en oulike kuikens.  Speel speurder, leer ken die plaaslewe en gee kleur aan hierdie prente.

Hierdie aktiwiteit teiken

  • Visuele voorgrond-agtergrond: om 'n prent in 'n besige agtergrond uit te soek
  • Visuele diskriminasie: om verskille en ooreenkomste raak te sien
  • Inkleurvaardighede
  • Fyn motoriek

Ouderdom

1-6 jaar